top of page

HOE JY KAN HELP

Ten einde MonnieHart suksesvol en winsgewend te hou is ons afhanklik van u onbaatsugtige ondersteuning.

  • Borgskappe, skenkings of hulp vir / met enige van ons geleenthede / projekte. 

  • Bywoning & ondersteuning van hierdie geleenthede

  • Aanbieding van dienste / goedere / ondersteuning vir ons behoeftige leerders en gesinne.

FINANSIËLE DONASIES

Enige finansiële bydraes vir aanwending to projekte, leerders of gesinne. 

SKENKING VAN

DIENSTE & GOEDERE

Enige bydrae van fisiese goedere en of dienste wat ‘n verskil maak.

PROJEKTE EN GELEENTHEDE

Raak betrokke en help by die jaarlikse verskeidenheid van fondsinsamelings bv. die Monniefees, Gholfdag, Vroue Onbyt en nog vele meer.

Bank details

Finansiële DONASIES

Bank besonderhede vir Finansiële donasies:

​

Rekening: Blinkoog Monnies NPC 

Bank:  Standard Bank  
Takkode: 051001

Tjek Rek:  012310484 

Verwysing:   

Gebruik asb leerder profiel nr. indien u 'n spesifieke leerder wil ondersteun.

​

*Monniehart (Blinkoog Monnies NPC) is ‘n geregistreerde Nie-winsgewende Organisasie, Openbare Weldaadsorganisasie en kan Artikel 18A sertifikate uitreik vir enige bydraes en donasies ontvang.

Leerder profiele

Spesifieke donasies  aan 'n LEERDER / GESIN

Om die privaatheid van ons gesinne en leerders te beskerm kan ons slegs beperkte inligting publiseer. Die profiele hier genoem is slegs om jul as ouers insig te gee in die werklikheid waarin van ons kinders hulself bevind. Om 'n finansiële donasie te maak aan 'n spesifieke leerder of gesin, kontak gerus ook die skool direk.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Intersenfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-101)

Hierdie lewenslustige dogtertjie se grootste behoefte is beweegruimte en om met maats te sosialiseer.  Sy is in pleegsorg by haar pensioenaris ouma.  Hulle woon in ‘n woonstel op ‘n boonste verdieping en is daar nie ruimte vir beweeg en speel nie. Sy doen goed in haar skoolwerk en is ook lief daarvoor om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem.  Om haar te ondersteun is naskool- en vakansieversorging nodig om sodoende ‘n stimulerende omgewing te skep.  Haar ouma sukkel ook om elke dag ‘n bord kos op die tafel te sit en daarom geniet hierdie dogtertjie haar kospakkie by die skool en ete by die naskool.  Sy benodig ook psigo-terapie om trauma uit haar verlede te verwerk. 

Profiel_ Junior Dogter_01 copy.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-102) 

Stel jou voor jy sit elke dag in ‘n klas en omgewing wat eise aan jou stel wat jy glad nie verstaan nie.  Verder voel dit vir jou asof niemand jou verstaan nie.  Jy probeer so hard om die werkie reg te kry wat juffrou vir jou gee, maar jou lyf wil nie saamwerk om dit suksesvol aan te pak nie. Wat alles erger maak is dat jy nie oor die taalontwikkeling beskik om aan die wêreld te kommunikeer hoe jy voel nie.  As jy praat, verstaan niemand wat jy wil sê nie.  Maatjies wil nie met jou speel nie en sê jy is stout.  Jy voel alleen, gefrustreerd en oorweldig in hierdie plek waar jy elke dag afgelaai word om iets te kom leer.

 

Om hierdie spesiale seuntjie te help om sy potensiaal te bereik is daar geweldige mediese onkostes betrokke.  Hy benodig ook maandelikse intensiewe spraak-, arbeids- en psigoterapie om hom te bemagtig en ontwikkel t.o.v leervaardigheid, kommunikasie en sosiale vaardighede.  Slegs een ouer kan werk omdat hierdie seuntjie voltydse toesig benodig.  Die leerder en sy ouers woon by sy grootouers omdat die gesin nie kan bekostig om op hulle eie te woon nie en hulle sukkel om hulle maandelikse uitgawes te dek.
 

Profiel_ Junior dogter-04.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-103)

Hierdie seuntjie probeer sy bes om mooi na sy juffrou te luister, maar dit kom nie so natuurlik vir hom nie.  Sy lyfie wil net beweeg.  Wanneer hy hoor wat sy juffrou sê neem dit vir hom ‘n hele rukkie om die boodskap te verwerk en die stappe te beplan oor hoe om die opdrag uit te voer.  Hy voel sommer heeltemal deurmekaar.  Verder is happietyd ‘n hoogtepunt van sy dag, want besige seuntjies moet hulle magies vol hou.  Op die oog af lyk hy na ‘n gewone seuntjie, maar hy het al baie hartseer in sy lewe ervaar.  Sy pappa is skielik oorlede na ‘n onverwagse siekbed.  Sy mamma is ‘n enkelouer wat sukkel om al hulle finansiële verpligtinge na te kom.  Sy verdien ‘n baie klein salaris  en moet naweke ekstra werk doen om vir haar en haar seun te voorsien.  Hierdie seuntjie het baie potensiaal, maar ontwikkelingstruikelblokke maak dit vir hom moeilik om sy skoolwerk te bemeester.  Om hom te help om al die boublokkies in plek te kry is spraakterapie en arbeidsterapie nodig.  Sy mamma werk voldag  en daarom is naskoolversorging en ondersteuning met huiswerk ook ‘n behoefte.  â€˜n Daaglikse kospakkie en kruideniersware van tyd tot tyd bring verligting vir die gesin.

Profiel_ Junior Dogter_01 copy.jpg

Grondslagfase Dogter 

Meer oor leerder (nr: LP-104)

Hierdie klein bittereinder laat haar nie onderkry nie.  Sy oortref alle verwagtinge.  By die huis kom almal in die gesin en familie nie altyd goed oor die weg met mekaar nie.  Dit veroorsaak dat sy soms emosioneel en onseker by die skool aankom.  Saam met haar juffrou en die psigo-opvoedkundige dienste word daar na haar emosionele welstand omgesien sodat sy gereed is om te kan leer.  Die gesin woon in ‘n baie klein woonstel waar daar nie plek is om buite te speel nie, dus is daar heelwat ontwikkelingsagterstande soos groot- en fynspierbeheer wat dit vir haar moeilik maak om in die klas aan die eise te voldoen wat aan haar gestel word.  Sy verstaan baie mooi wat maats en haar juffrou vir haar sê, maar ongelukkig is haar spraak en taal nog nie mooi ontwikkel nie en sukkel ander om te hoor en te verstaan wat sy vir hulle sê.  Dit dra ook daartoe by dat sy sukkel om te leer lees en skryf.  Die skool ondersteun haar in hierdie verband met spraak- en arbeidsterapie.  Verder sukkel haar ouers om alle maandelikse uitgawes te dek, want net haar pappa verdien ‘n klein inkomste.  Omdat voedsame kos nodig is vir gesonde breinontwikkeling, ondersteun die skool die gesin ook met kruideniersware en ‘n daaglikse kospakkie vir die leerder.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Intersenfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-105)

Sport is hierdie dogter se liefde.  Op die sportveld is sy gelukkig en kan sy van haar frustrasie en hartseer vergeet.  Sy is deur trauma en hartseer  gedurende die afgelope drie jaar en het dit nie maklik by die huis nie.  Ten spyte daarvan presteer sy akademies en op die sportveld.  Die dogter se mamma is werkloos en ‘n enkelouer. Basiese behoeftes soos kos op die tafel, ‘n dak oor hulle koppe en klere is ‘n groot uitdaging.  Hierdie dogter het ook psigoterapie nodig om die seer in haar hart a.g.v. trauma, te verwerk. 

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun en Intersenfase Dogter 

Meer oor leerders (nr: LP-106)

Vir hierdie pragtige en hardwerkende seun en dogter is skoolbywoning die grootste uitdaging.  â€˜n Onbetroubare voertuig is die enigste bron van vervoer deur hulle oupa en ouma by wie hulle in pleegsorg is.  Ouma se karige salaris is die gesin se enigste bron van inkomste en sy sukkel om alle uitgawes te dek.  Die gesin word deur die skool ondersteun met kruideniersware, skoolfonds en skoolklere.  Beide leerders se akademiese vordering is ‘n uitdaging en arbeids- en spraakterapie is gevolglik identifiseer as n groot behoefte. Psigoterapie as gevolg van trauma uit hulle verlede is ook aanbeveel.  Die koste van kroniese medikasie vir die seun beloop ook n groot bedrag elke maand.

Intersenfase seun.jpg

Grondslagfase Seun en Intersenfase Dogter 

Meer oor leerders (nr: LP-107)

Hierdie leerders is pragtige kinders met die mooiste gesindhede.  Beide leerders ervaar akademiese uitdagings, maar vaar baie goed op die sportveld.  Hulle is in pleegsorg by hulle ouma wat gesondheidsuitadagings beleef en die gesin sukkel om finansieel die mas op te kom. Die skool ondersteun met skoolfonds, kospakkies, kruideniersware en skoolklere en ‘n naskooltuiste. Daar is geen vervoer tuis nie. 

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-108)

Hierdie klein slimkop het baie potensiaal.  Ten spyte daarvan dat haar eerste kennismaking met ‘n akademiese omgewing eers in graad 1 plaasgevind het, presteer sy bo verwagting.  Skool is haar ontsnapping van moeilike omstandighede tuis.  Haar mamma is ‘n enkelouer wat sukkel om haar finansiële verpligtinge na te kom.  Die dogtertjie se basiese versorging is dus ook ‘n uitdaging.  Daar is meer as een gesin wat in hulle huis woon en die kinders moet kamers en matrasse deel.  Omdat hulle sukkel om hulle huurverpligtinge na te kom trek die familie ook baie rond.  Die skool en gemeenskap ondersteun die gesin t.o.v. ouerleiding, basiese mediese hulp, skoolklere, ‘n voedsame kospakkie by die skool en naskoolversorging en middagete.  Die dogtertjie behoort ook by psigoterapie te baat.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-109)

Hierdie seuntjie het ernstige leeragterstande. Hy benodig intensiewe en langdurige terapie wat nie deur die basiese mediese skema waaraan hulle behoort gedek word nie. Van die ander gesinslede het ook voortdurende mediese hulp nodig en die gesin kom nie finansieel by alles uit nie. Die gevolg hiervan is dat hy nie al die terapie kan kry wat hy benodig nie.

Intersenfase seun.jpg

Intersenfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1010)

Hy het akademiese uitdagings. Die nodige toetse is reeds deur ons interne Opvoedkundige Sielkundige gedoen, maar hy het verdere mediese toetse nodig. Hulle het geen mediese fonds nie. Pappa is nie betrokke nie en mamma is werkloos. Enkelma met twee jong kinders. Die skool ondersteun met kospakkies, kruideniersware, skoolklere, arbeids- en spraakterapie asook skoolfonds.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1011)

Dié seuntjie woon by sy oupa en ouma en sy ouers is afwesig in sy opvoeding. Finansieel sukkel die gesin om by alles uit te kom. Net ouma het permanente werk. Hy vorder goed op akademies gebied. Sokker is sy gunsteling sport, maar hy gaan Bulletjie-rugby by die skool speel omdat hy graag aan sport wil deelneem. Die skool ondersteun met kruideniersware, skoolfonds en skoolklere. Ondersteuning ten opsigte van arbeids- en spraakterapie word beoog vir ontwikkeling van leervaardighede.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1012)

Die vriendelike, sosiale dogtertjie is in pleegsorg. Dit gaan goed met haar akademie en sy werk hard en probeer altyd haar bes. Die gesin het finansiële uitdagings. Die skool ondersteun finansieel met kruideniersware, skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1013)

Die dogtertjie het intensiewe terapie nodig aangesien sy nie akademies na wense vorder nie. Mamma kan nie werk nie omdat haar sussie permanente een op een versorging benodig. Die gesin kry finansieel swaar omdat Pappa ook nie ‘n vaste salaris verdien nie. Hulle sukkel om by te hou met mediese uitgawes. Die skool ondersteun met skoolfonds, skoolklere en kruideniersware.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1014)

Die seuntjie is ‘n kreatiewe en vriendelike kind met baie potensiaal. Hy, sy sussie en ouers woon by sy grootouers weens finansiële struikelblokke. Die ouers se inkomste dra nie al die uitgawes wat sy ontwikkeling ondersteun nie. Die skool ondersteun met arbeids- en spraakterapie. Verder word daar beoog dat hy ‘n mediese ondersoek ondergaan wat addisionele uitgawes teweeg kan bring.

Profiel_ Junior dogter-04.jpg

Intersenfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1015)

Hierdie dogter het baie potensiaal, maar brand akademies vas omdat daar nie voldoende ondersteuning tuis is t.o.v. huiswerk en toetsvoorbereiding nie a.g.v. ‘n taalstruikelblok.  Sy en haar boetie woon saam met hulle ouers by die grootouers aan huis a.g.v. finansiële struikelblokke.  Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1016)

Hierdie seun ontvang al vanaf 2018 terapie. Sy mamma sorg vir hom en sy sussie. Hulle woon by familie. Aangesien die mamma alleen sorg vir die seun en sy sussie, is finansies beperk. Volgehoue ondersteuning ten opsigte van spraak-, arbeids- en psigoterapie sal hierdie seun se ontwikkeling grootliks ondersteun.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1017)

Hierdie dogtertjie het intense trauma beleef tydens haar vroeë ontwikkelingsjare. Om die rede bly sy tans in pleegsorg. Sy het in die verlede by ander instansies in die gemeenskappe waar sy ingeskakel was psigoterapie ontvang, en die voortsetting hiervan is belangrik vir haar emosionele ontwikkeling en algehele welstand. Aangesien sy in pleegsorg is, mag behoeftes op ander vlakke van funksionering die behoefte aan verdere borgskap teweegbring.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1018)

Hierdie seun is ‘n aangenome kindjie. Sy moeder is ‘n enkelouer wat self uitdagings t.o.v. haar gesondheid het en as gevolg hiervan nie kan werk nie. Moeilike en onstabiele omstandighede  tydens die seun se vroeë ontwikkelingsjare het hom met ontwikkelingsagterstande gelaat en hy sukkel om akademies die mas op te kom. Hy benodig intensiewe terapie om hom te ondersteun om sy akademiese potensiaal te ontwikkel sodat hy sukses kan ervaar en akademies kan vorder. As enkelouer is dit vir sy moeder finansieel moeilik om vir hom ook hierdie geleenthede te bied.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1019)

Hierdie seun ervaar ontwikkelingsagterstande op verskeie gebiede. Die ouers se finansiële vermoë dra nie genoegsaam by tot die intervensie wat gebied moet word nie. Hy sal baat by arbeids- en spraakterapie, asook die deelname aan buitemuurse aktiwiteite.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1020)

Hierdie dogter is ‘n oulike en ‘n positiewe kindjie. Sy ervaar uitdagings t.o.v. akademie en sal baat by spraakterapie. Haar ouers werk beide en is in staat om aan haar basiese behoeftes te voorsien, maar finansieel kan hulle nie voorsiening maak vir fondse vir spraakterapie nie. Die skool ondersteun t.o.v. spraakterapie en remediërende ondersteuningsonderrig.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1021)

Hierdie seun is in pleegsorg by sy grootouers geplaas. Hy brand akademies vas en verdere ondersteuning en assessering deur ‘n opvoedkundige sielkundige mag nodig wees om die gepaste intervensie en ondersteuning toe te lig. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1022)

Hierdie is ‘n oulike dogter wat hard werk. Sy is in pleegsorg by haar grootouers na die afsterwe van haar moeder. Daar blyk ontwikkelingsagterstande teenwoordig te wees en dus belemmer dit haar akademiese vordering. Arbeidsterapie, spraakterapie en psigoterapie behoort haar te ondersteun om haar potensiaal te bereik en akademies te vorder. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior seun-04.jpg

Intersenfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1023)

Hierdie seun en sy vader woon onder moeilike omstandighede in ‘n enkelkamer wat hulle by mense in hulle huis huur. Die seun brand akademies geweldig vas en verdere assessering deur ‘n opvoedkundige sielkundige is nodig om ondersoek in te stel na die redes vir sy akademiese uitdagings en om verdere intervensie toe te lig. Sy ouer kan nie hierdie assessering en ander terapie finansieel bybring nie. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1024)

Hierdie seun se ouers is werksaam in die gemeenskap, maar die gesin leef van ‘n karige inkomste. Die seun blyk ontwikkelingsagterstande te hê wat sy akademiese funksionering belemmer. Hy sukkel om aan te pas by die eise wat die formele klaskamer op sy sisteem plaas.  A.g.v. moeilike finansiële omstandighede het die seuntjie nie die geleentheid gehad van ‘n voorbereidingsjaar (Gr. R) nie. Hy benodig intensiewe spraak- en arbeidsterapie om hom te help om verder te ontwikkel. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1025)

Hierdie dogter is oulik en hardwerkend. Sy is ‘n leerder in pleegsorg binne ‘n pleeghuis sisteem. Daar is nie altyd geleentheid om aan buitemuurs of skoolaktiwiteite deel te neem nie a.g.v. beperkte finansies vir die versorging van hierdie leerders. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

bottom of page